William Faulkner

William Faulkner
William Faulkner in 1954, foto geneem deur Carl Van Vechten
Gebore
William Cuthbert Falkner

(1897-09-25)25 September 1897
New Albany, Mississippi
Sterf6 Julie 1962 (op 64)
Byhalia, Mississippi
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepSkrywer
Bekend virThe Sound and the Fury (1929)
As I Lay Dying (1930)
Light in August (1932)
Absalom, Absalom! (1936)
"A Rose for Emily" (1930)
EggenootEstelle Oldham (h. in 1929)
Ouer(s)Murry Cuthbert Falkner en Maud Butler
Handtekening

William Faulkner (25 September 1897 – 6 Julie 1962) was 'n Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner van Oxford, Mississippi. Faulkner het romans, kortverhale, draaiboeke, poësie, opstelle en 'n toneelstuk geskryf. Hy is veral bekend vir sy romans en kortverhale wat in die fiktiewe Yoknapatawpha County wat gebaseer is op Lafayette County, Mississippi, waar hy die grootste deel van sy lewe deurgebring het.[1]

Faulkner het deur die merkwaardige vermenging van naturalisme, simbolisme en melodrama in sy werk van die grootste en boeiendste romans oor die suidelike state of die "Deep South" van die VSA geskryf. In 1949 het hy die Nobelprys vir Letterkunde ontvang vir sy omvangryke oeuvre.[2]

  1. Obituary Variety, July 11, 1962.
  2. "The Nobel Prize in Literature 1949" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2020. Besoek op 4 September 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search